WP span oefening - Struisbaai

WP span oefening - Struisbaai

Postby André » Mon Jan 14, 2013 10:54 am

Ek was die afgelope naweek in Struisbaai vir ons WP ontwikkelingspan se oefening saam met die Senior A span. Die area wat ons besluit het om te hengel was die mond area en ek is saam met Charl Marais geplaas om te hengel die dag.

Die gety was so te se vol laag gewees en die vis maar aan die skaars kant. Ek het 'n klein Steenbrassie van 40cm gevang op 'n chokka / sardyn combo wat weer terug water toe is met 'n tag. Charl het twee sandies gekry en besluit dat ons moet verder af stap teen die plaat tot waar ons kon deurswem na die sandbank toe. Kry 'n plek wat belowend lyk en die ase word gebou waarna die sloep met mening aangeval word. Charl is gou gou op die bank, maar ek sukkel my gat af om deur te kom, boonop is daar nie staanplek in die sloep nie, want hy is te diep (en ek is 2,05 in my sokkies), maar ek gebruik my stok om my deur die sloep te stoot en die branders te time. Lekker in my moer, maar op die sandbank se ek vir Charl dat ek vir 'n oomblik nie gedink het ek gaan die bank haal nie. Hy beduie my toe mooi wat om te doen die volgende keer, en met die volgende probeer slag na die bank toe, neem dit my nie eers twee minute om op die bank te kom nie.

Ons hengel toe van die bank af tot dit te moeilik raak om deur die sloep te kom waarna ek en Charl terug is na die mond toe. Kry 'n mooi area waar die water lekker werk en die ase is in water toe. Teiken spesie is die klein dusky's en bronzies wat in die sloep operate, so my eindgerei het bestaan uit 'n 60lb staal biting trace met 'n bietjie float. Aas was 'n klein chokka / makriel tjoppie. My eerste gooi lewer 'n mooi sandhaai en gou word daar weer 'n asie gemaak en water toe geslinger. Nie lank nie voel ek net twee plukke en die sinker wat loskom. Die vis bring my aas in en ek hou die lyn styf tot hy met my sak. Maak vas en speel die vis maar sagkens en dis nie lank voor die kabeljoutjie by my voete lê nie. Hy meet 73cm en hy is gou van kant gemaak om op die rooster release te word. Intussen het Charl vasgemaak met 'n mooi vis en 'n paar minute later lê 'n raggie van 120kg op die sand.

Was 'n lekker oefen sessie gewees en ons as Ontwikkelingspan het baie geleer by die top manne. Ek het die dag ge-eindig met 7 vis (1 Steenbras(sie), 4 Sandies, 115cm Smoothhound en 73cm kabeljou). Sien vrek baie uit na die nationale kampioenskappe 6-8 Maart in Struisbaai. Hopelik speel die weer en die vis saam daai week!
Attachments
73cm Kobbie.jpg
73cm Kobbie.jpg (73.44 KiB) Viewed 1310 times
We all come from the sea, but we are not all of the sea. Those of us who are, we children of the tides, must return to it again and again, until the day we don't come back leaving only that which was touched along the way - Chasing Mavericks
User avatar
André
 
Posts: 979
Joined: Thu Nov 10, 2011 3:54 pm
Location: Stellenberg
Boat: Geen boot. Beskikbaar as crew met eie tackle :)
Best catch: Katelyn - 3.6kg en 51cm; 98kg Yellowfin

Return to Rock & Surf Trip Reports

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest