Valsbaai deurnag hengel

Valsbaai deurnag hengel

Postby André » Sun Sep 09, 2012 9:48 pm

Ek en 'n vriend het vroeër die week 'n deurnag hengel sessie beplan iewers tussen Muizenberg en Macassar - die plan was om groot kabeljou te gaan soek met lewendige aas.

20:00 kom tel hy my op en ons is deur Strand toe om lewendige harders te gaan soek, maar iemand het seker nie die script vir die harders gegee nie, want hulle het geskitter in hulle afwesigheid. Die wat ons kon kry was ook hopeloos te klein vir ons doeleindes. 3 ure later en in Muizenberg kry ons so 5 harders wat darm lyk of hulle groter as 10 cm is en moontlik kan werk. Met die harders in die livewell sit ons deur Mnandi toe. Bren se twee slides is uitgesit met sy livies en my slide is nie kort agter nie. My 110H kry 'n chokka blob bait en word vlak gegooi vir ander edibles wat dalk mag geinteresseerd wees in die peusel happie.

Seker so 20 minute in sien ons Bren se stokpunt aftrek met vaart, maar toe hy by sy stok kom was alles stil. Hy't hom gelos vir 'n minuut of twee en toe maar ingebring. Die harder was netjies agter die kop afgebyt. Ons reken dit was seker maar 'n Elf of klein bronzie gewees. Dit was ook die enigste aksie by Mnandi en ons is terug Muizenberg toe vir nog 'n paar harders voor ons Eerste Baai toe gaan.

By eerste baai gekom, lyk alles redelik belowend - behalwe vir effens koue water - en dis nie lank voor die slides uit is nie. Bren se een stok het begin aksie toon en die slag was hy gereed om vas te maak. Alles werk toe soos dit moet en Bren maak vas - ongelukkig vir ons het 'n Smoothhound van 141cm (11kg) besluit om die harder 'n vroeë ontbyt te maak. Ek besluit dis tyd vir vars aas en bring die 110H met die 0.40 hooflyn in, maar die breek af nadat ek dit voel skuur het teen ou lyn/rotse. Trek toe maar die slide stok ook in, net om hom ook af te breek op 'n rif :evil:

Ek pak toe maar die slide stok weg aangesien ons nou al redelik na aan huiswaarts keer is en tackle weer op met die 110H. Ek vat toe een van die harders en haal die ruggraat uit en maak 'n lekker klein harder "flapbait" en stoot hom diep water toe. Seker so 15 minute later begin die SL30 te skree soos 'n maer vark. Ek haal die stok uit die pen uit en voel die vis is aan, maar iets voel nie reg nie. Die vis het lyn in die water opgetel en die lyn skaaf nou op my hooflyn! Ek deel my vermoede met Bren en se vir hom dat ek nou net kan hoop die vis kom self uit die gemors uit. 5 minute later voel ek die geskaaf op my lyn is weg - die vis is los van die ou lyn af. Ek maak die drag vas en trek die vis - die 110H het meer as genoeg backbone om vis mee te tem. 3 minute later gryp Bren my vis in die vlak water - 'n smoothhound van 144cm (11.7kg).

Ek het natuurlik 'n heilige respek gekry vir die Awashima lyn waarmee ek gehengel het. Daai lyn het 'n helse punishment gevat en die kroesies op die hooflyn was bewys van hoe erg dit geskaaf het en desondanks dit alles het ek die vis geland (en saam met dit my slider en die vorige sinker en hoek wat afgebreek het).

Hier is my vis op light tackle (sien nou eers die kamera se datum was uit :evil: )
Attachments
100_0276.JPG
110H, SL30SHK, 0.40 Awashima, harder flapper bait
We all come from the sea, but we are not all of the sea. Those of us who are, we children of the tides, must return to it again and again, until the day we don't come back leaving only that which was touched along the way - Chasing Mavericks
User avatar
André
 
Posts: 977
Joined: Thu Nov 10, 2011 3:54 pm
Location: Stellenberg
Boat: Geen boot. Beskikbaar as crew met eie tackle :)
Best catch: Katelyn - 3.6kg en 51cm; 98kg Yellowfin

Re: Valsbaai deurnag hengel

Postby Hamco » Sun Sep 09, 2012 10:35 pm

Ek het respek vir julle manne wat so deur die nag op die strand of rotse kan staan vir 'n byt of 6!

Geluk, Andre!
There is something aboat the sea that is good for the inside of mankind
User avatar
Hamco
 
Posts: 1873
Joined: Thu Nov 10, 2011 4:26 pm
Location: Robertson
Boat: Janelle - Cape Craft 17.5, 2 x DF60A Suzuki's
Best catch: 2016 - 11kg Struisbaai geelstert

Re: Valsbaai deurnag hengel

Postby André » Sun Sep 09, 2012 10:45 pm

Dankie Cornelis.

Rots en Strand hengel is nie meer so maklik soos in die ou dae nie. Mens werk hard vir jou vis (soos Jannie (Breads) sal kan getuig) maar ek geniet dit nogal terdeë. Die naweek wat kom gaan ek maar in Hermanus / Uilkraal / Pearly Beach rondkrap vir 'n vissie of twee en dan is dit weer voluit toespits op die vang van haaie en platvis vir die amptelike begin van ons liga seisoen. Tussen dit alles deur moet ons WP ontwikkeling span ook oefen vir Maart se nationale kampioenskappe op Struisbaai.

Daar is ook nog 'n sekere Mnr. Miles wat 'n Strand riwwe sessie wil meemaak. Hopelik speel die groot smoothhounds dan saam - hulle gee jou lekker op jou moer. As hy jou nie van die klippe af trek nie, dan sny hy jou af en as jy hom tot by jou kry, dan moet jy hom nog land en onder beheer kry - dit terwyl jy halflyf in die water staan met branders wat jou bliksem - pret ek se jou, pret!
We all come from the sea, but we are not all of the sea. Those of us who are, we children of the tides, must return to it again and again, until the day we don't come back leaving only that which was touched along the way - Chasing Mavericks
User avatar
André
 
Posts: 977
Joined: Thu Nov 10, 2011 3:54 pm
Location: Stellenberg
Boat: Geen boot. Beskikbaar as crew met eie tackle :)
Best catch: Katelyn - 3.6kg en 51cm; 98kg Yellowfin

Re: Valsbaai deurnag hengel

Postby Hamco » Sun Sep 09, 2012 10:56 pm

Geluk! Neem aan jy is in die WP Ontwikkelings span.

Jy moet laat weet wanneer jy in Maart daar by Struisbaai die WP se naam moet gaan hoog hou. My ma het 'n huis daar, dalk kom kyk ek wat julle aanvang.

Ja-nee, ek en Jannie Breads het nog nie dop saam gedrink nie, maar ons het verlede jaar lekker saam gewerk om 'n klompie geelstert te vang!

Maar soos wat die tweeling groter word, raak dit makliker vir pa om rond te loop, solank die tweeling net saamgaan en ma kan rus en vrede kry.

Strekte vir die oefen en ek sien uit na nog deurnag hengel verslae!
There is something aboat the sea that is good for the inside of mankind
User avatar
Hamco
 
Posts: 1873
Joined: Thu Nov 10, 2011 4:26 pm
Location: Robertson
Boat: Janelle - Cape Craft 17.5, 2 x DF60A Suzuki's
Best catch: 2016 - 11kg Struisbaai geelstert

Re: Valsbaai deurnag hengel

Postby André » Sun Sep 09, 2012 11:05 pm

Dankie, ek is heel dankbaar om weereens in die span ingesluit te wees en ook weer die span te lei. Ons hengel 6-8 Maart, maar ons span sal al daar wees van die 4de af. Hopelik speel kondisies volgende jaar saam - vroeër die jaar was dit maar swak met een of twee groot vis wat uitgekom het en 'n magdom sandhaaie. Die tweede dag het darm mooi elwe van oor die 50cm opgelewer by die Heuningnes mond.

Ek sal die hengel verslae post - hopelik sal daar meer wees met groter vis :D :D
We all come from the sea, but we are not all of the sea. Those of us who are, we children of the tides, must return to it again and again, until the day we don't come back leaving only that which was touched along the way - Chasing Mavericks
User avatar
André
 
Posts: 977
Joined: Thu Nov 10, 2011 3:54 pm
Location: Stellenberg
Boat: Geen boot. Beskikbaar as crew met eie tackle :)
Best catch: Katelyn - 3.6kg en 51cm; 98kg Yellowfin

Re: Valsbaai deurnag hengel

Postby jordan » Tue Apr 02, 2013 10:25 pm

Hi guys I'm new to this forum but I realy like your topics.I represented wp in 1992 and 93 but that was when there were two unions you had your white union and your coulord union we had our first interracial meeting at sanlam with Vincent Taylor and the rest of the delligates and in that meeting the new amblim was born the one with the yellow tail inclueded on the badge "all our records was scraped but the white union kept their records and we had some very impresive non edible records"but all that aside to me fishing is any body's game it's been running in my family for over 70years it's not about the coulor of your skin but about doing it the best you can
jordan
 
Posts: 2
Joined: Thu Mar 28, 2013 3:27 pm
Boat: Will have one soon
Best catch: 19kg cob and some nice sharks


Return to Rock & Surf Trip Reports

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest