Die groot afwagting

Post Reply
User avatar
Tahoola
Posts: 7
Joined: Sun May 26, 2013 7:08 pm
Boat: Infanta 5.2 Rib with 90hp honda and small River boat with 60hp yamaha.nothing fansy,just the basics,but it works
Best catch: 40kg yellow fin tuna,8kgcob,4kg grunter,3.5kg shad

Die groot afwagting

Post by Tahoola » Wed Mar 12, 2014 11:46 am

Nou ja,so is dit weer tyd vir my om pa te word,so dit beteken n week of wat se afwagting vir kleinding om te kom.gedurende hierdie tyd bly ek altyd in kleinbrak ,terwyl my vrou in die hospitaal op george le patroleer ek die walle van die Kleinbrak rivier in wind,storm en reen opsoek na daai bond vis met die lang kop wat soos n bus jou lyn vat en sorg vir n geveg wat jy nooit sal vergeet nie.

Net een ding skort,ek het alweer $&@ beplan en dus dooie gety,wat beteken minder vis, dus harder werk.Gelukkig laat ek my nie sommer afsit nie, want ek kom uit die Karoo uit en daars nie see nie,so as ek by die see is sit ek my ure in.

Die rivier is inderdaad baie dood ,maar kleinbrak stel min teleur en ek het darm al 5 leeries,4 op lewendige harder en 1 op pilchard gevang,glo dit of nie.almal undersize visse.die grunters is baie skaars op die oomblik,maar ek het darem al gelukkig geraak met n mooi vis van 64 cm.

Die getye klim mooi so hopelik tel die lewe in die rivier ook op
Attachments
image.jpg

User avatar
Erik
Posts: 237
Joined: Mon Dec 05, 2011 7:17 pm
Boat: 28ft Gecat - "ICE"
Best catch: 94kg Yellowfin
Location: Stellenbosch

Re: Die groot afwagting

Post by Erik » Wed Mar 12, 2014 2:38 pm

Tahoola, jy moet groter visse vang!

User avatar
Hamco
Posts: 1874
Joined: Thu Nov 10, 2011 4:26 pm
Boat: Janelle - Cape Craft 17.5, 2 x DF60A Suzuki's
Best catch: 2016 - 11kg Struisbaai geelstert
Location: Robertson

Re: Die groot afwagting

Post by Hamco » Wed Mar 12, 2014 8:33 pm

Mooi man! Geluk ook met die pienk voet
There is something aboat the sea that is good for the inside of mankind

User avatar
Tahoola
Posts: 7
Joined: Sun May 26, 2013 7:08 pm
Boat: Infanta 5.2 Rib with 90hp honda and small River boat with 60hp yamaha.nothing fansy,just the basics,but it works
Best catch: 40kg yellow fin tuna,8kgcob,4kg grunter,3.5kg shad

Re: Die groot afwagting Deel 2

Post by Tahoola » Sat Mar 15, 2014 7:12 am

Nou Ja,intussen is my seuntjie Gebore.Hy het 10 fingers en 10 tone so ek is baie dankbaar.nou Moët ek hom net mooi groot maak sodat ek eendag n Hengel buddy kan he.

Intussen het ek darm Weer Kaans gehad om n lyn nat Te Maak.iewers tussen kleinbrak en hartenbos het ek behoorlik tussen die haaie ingeklim ,en het 2 mooi bronzes en n gullie shark gevang,Ek het darm tussen al die haaie n mooi yellow belly ook gevang, Wat Nogales n lekker fight opgesit het.

My tyd by die see het nou tot n Einde gekom en my Lus is nog lank nie geblus nie.
Attachments
image.jpg

User avatar
Hamco
Posts: 1874
Joined: Thu Nov 10, 2011 4:26 pm
Boat: Janelle - Cape Craft 17.5, 2 x DF60A Suzuki's
Best catch: 2016 - 11kg Struisbaai geelstert
Location: Robertson

Re: Die groot afwagting

Post by Hamco » Sat Mar 15, 2014 12:38 pm

Mooi vis en lekker kos.

Geluk
There is something aboat the sea that is good for the inside of mankind

Snoeker
Posts: 448
Joined: Tue May 08, 2012 6:29 pm

Re: Die groot afwagting

Post by Snoeker » Sat Mar 15, 2014 7:16 pm

Lekker Tahoola! Ek kan net dink hoe daai Grunter daai dun stokkie plat getrek het! :)

Post Reply

Return to “Klein-Brak River”